Albertyn groet ikoon

Elize Nel het Sondag 7 Mei vir oulaas die NG Albertyngemeente met orrelspel begelei

LEPHALALE — Elize Nel is Sondag 7 Mei deur die lidmate van die NG Kerk Albertyn gegroet ná 32 jaar en ten spyte van menige nat oë het die gemeente vir oulaas, jubelend, saam met haar orrelspel gesing.
Elize het diep spore by Albertyn en in die gemeenskap getrap. Al was sy ‘n ou hand, was sy Sondae al vroeg-vroeg by die kerk om haar liedere vooraf te oefen. Die koor is vir jare onder haar bekwame hand afgerig.
Dr Hennie Hoepfner het namens die gemeente, en Anette Eicker namens die koor, ‘n afskeidswoord gespreek. Die koor het haar die aangrypende liedere ‘Daarom’ en ‘Lofofferlied’ toegesing.
Die gemeente sê: “Tannie Elize, ons gaan jou vreeslik mis. Die mooie herinneringe bly egter en ons gun daai vlugtige vingers nou hul welverdiende blaaskans”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.