Ambulansdiens onttrek

LEPHALALE — Nog ʼn privaatambulansdiens, Caremed, het uit die dorp onttrek weens finansiële redes. Dié inligting is Donderdag 20 Junie by die landelike veiligheidsforum se vergadering bekendgemaak.

Dit is nie die eerste keer dat ʼn ambulansdiens noodgedwonge weens finansiële redes uit Lephalale moet onttrek nie. Volgens inligting wag dié dienste lank vir die mediese fondse om uit te betaal en in Caremed se geval het die personeel na bewering maande lank geen salarisse ontvang nie.

Dit is ook baie duur om ʼn ambulans uit te rus met die nodige toerusting.

Volgens Thys Eloff, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) beskik die twee huidige privaatambulansdienste nie oor personeel wat gekwalifiseer is in gevorderde lewensondersteuning (Advanced Life Support) nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.