As ʼn e-sekspes toeslaan …

Die was vroeërjare maklik om ʼn interdik te kry teen mense wat hulle skuldig maak aan seksuele teistering, omdat die pes/te meestal in lewende lywe toegeslaan het. Daar was nog nie selfone, boodskapfasiliteite, WhatsApp, e-posse of sosiale media soos Facebook nie.

Deesdae kan die sekspes individue verpes al is hulle in ander dorpe – en selfs provinsies – en e-sekspessery is aan die toeneem.

ʼn Sekspes, of dalk meer as een, is tans baie aktief teen vroue in Lephalale.

Die teistering gebeur via die selfoonboodskapfunksie, WhatsApp, oproepe na selfone (gewoonlik in die nag), as kommentare by foto’s van Facebook-groepe of werks-Facebookblaaie of boodskappe word na die inkassies gestuur. Van hierdie boodskappe word deur pornografiese foto’s vergesel.

Dit blyk dat die sekspes ʼn voorliefde het vir ouer vroue en verskeie vroue het reeds hieroor gekla. Van die boodskappe is reeds verskaf aan Thys Eloff, vorige voorsitter van die GPF, wat steeds betrokke is by misdaadbekamping in Lephalale.

Die nuutste modus operandi is dat dié sekspes op een van sy alibi-profiele foto’s intrek van vroue. Van hierdie vroue bly in Lephalale en party het voorheen hier gebly.

Alle vroulike lesers wat die afgelope jaar ʼn slagoffer van die sekspes(te) geword het, word aangemoedig om Thys Eloff te skakel by 082 588 8305.

Skermgrepe van boodskappe, verskillende profielname wat gebruik word, selfoonnommers of enige inligting wat kan help om die skuldige(s) vas te trek kan na Thys gestuur word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.