Balletstudente het gehoor op punte van hul tone

Molatelo en Wilma

LEPHALALE — Wilma Swart Balletskool het Dinsdagaand 18 November 2019 hul jaarlikse balletkonsert met flair aangebied. Wilma is ’n bekende balletafrigter in Lephalale en honderde balletstudente is al deur haar bekwame hande afgerig.

Die tema van vanjaar se balletkonsert was Cinderella. Dit is meesterlik deur die senior studente aangebied, terwyl die res van die vertonings ’n deurlopende tema van Going to: the Vet, Sleep, the Beach, a Birthday party, Hawaii, a Picnic, a Ballet class, a Wedding, School, Gym, Shop en Fishing ingesluit het.

Molatelo Kgwantha het as aankondiger opgetree en sy het Wilma na afloop van ’n feestelike aand gehelp met die sertifikaatoorhandiging.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.