Baltimore VLU-tuinfees

Vrolik in Wilma Lorden se tuin – Baltimore VLU het ‘n heerlike oggend aangebied
Vrolik in Wilma Lorden se tuin – Baltimore VLU het ‘n heerlike oggend aangebied

BALTIMORE — Sowat 33 vroue het verlede week saam met Baltimore VLU gekuier onder die bome in Wilma Lorden se tuin.
Rina van Staden, voorsitter, het almal verwelkom waarna Naomi Groenewald ‘n heildronk ingestel het op die Bosveldvroue.
Elke vrou het met ‘n hooftooisel opgedaag en uitstallers met die mooiste juwele en somersklere het die kersie op die koek gesit.
Unine Botha het ‘n grimeerdemonstrasie gedoen en gewys hoe ‘n vrou met die minste grimering die beste kan lyk.
Almal het heerlik geëet en gekuier en hulle bedank Wilma van harte dat sy haar tuin vir die geleentheid beskikbaar gestel het.
Baltimore VLU se volgende byeenkoms is hulle bejaarde-ete op Woensdag 5 Oktober.
Vir navrae kontak Naomi Groenewald by 082 079 5843.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.