Beauties word #zerfies

V.l.n.r.: Petra Ortner, Marita Folkus en Corrie Kruger besig om die rommel rondom ’n asblik, wat tot oorlopens toe vol is, skoon te maak.
Asblikke is opgerig, maar dit word nooit leeggemaak nie

BEAUTY — Die lede van die VLU Beautytak moedig al die ander VLU-takke aan om betrokke te raak by die #zwerfie-projek en dit ook aan ander bekend te stel.

Die woord “Zwerfie” is afgelei van die Nederlandse woord “zwerfafval” wat rommel wat oral gestrooi word beteken.

Die definisie van #zwerfie is ʼn foto van iemand wat rommel optel en die idee is om die foto dan in sosiale media te plaas met die hutsmerk #zwerfie – om mense bewus te maak van die euwel van rommelstrooiing. Hierdie inisiatief het ontstaan om Nederlanders bewus te maak van rommelstrooiing en het vinnig veld gewen in ander lande ook.

Die lede van die Beautytak het dié goeie idee ter harte geneem en onlangs in twee groepe verdeel om rommel in Tom Burke asook op die Villa Nora-pad op te tel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.