Beauty skop jaar af

BEAUTY — Beauty VLU het die jaar 2019 met ʼn spesiale byeenkoms begin deur twee lede se spesiale verjaarsdae te vier. Tokkie van den Heever het 70 jaar oud geword en Desiree Kruss 60.

Die lede sê daar is darem nie net partytjie gehou nie, hulle het ook jaarbeplanning gedoen.

Die Beauties sê hulle sien uit na die jaar propvol interessante uitstappies, demonstrasies en kompetisies wat voorlê.

Skakel Adele Engelbrecht by 079 515 6357 vir meer inligting oor die Beauty-tak se doen en late.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.