Beauty VLU-bedrywig

Ria Strydom demonstreer suikerkant aan die lede van Beauty VLU

BEAUTY — Ria Strydom, voorsitter van die VLU Bosveldstreek, het in Junie vir lede van die Beauty-tak gaan kuier en hulle geleer hoe om suikerkant te maak.
Die lede van die tak sê talle kompetisies het hulle die afgelope maand baie besig gehou. Hulle het vlegselbrode, polimeerklei-juwele, gehekelde handsakke en konfyt ingegee vir beoordeling.
Mara Lottering, wat vroeër vanjaar dood is nadat sy malaria opgedoen het, se plek as lid van die tak was leeg en hulle het tydens die vergadering ‘n kers gebrand ter herinnering aan hulle vriendin.
Vir meer inligting oor Beauty VLU, skakel Adele Engelbrecht by 079 515 6357.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.