Beauty VLU — bokke vir sports

BEAUTY — Die lede van Beauty VLU het hulle Augustus-maandvergadering by Lizette Pretorius se huis gehou en Esta van Staden, ʼn nuwe lid, is hartlik welkom geheet.

 Corrie Kruger het interessante feite gedeel oor die “Vroue in Suid-Afrika” en Catherine Greyvenstein het meer vertel oor Merle Payne, VLU Noord se Kunstenaar van die Jaar.

Die dames van Beauty VLU sê hulle gaan die laaste paar maande van die jaar baie besig wees. Daar is ʼn hele aantal uitstappies wat voorlê, maar die groot hoogtepunt waarna hulle uitsien is die Country-dans wat beplan word vir 27 Oktober vanjaar.

Die Beauties wil die geleentheid met ʼn lyndans open en hulle oefen hard om al die stappe baas te raak.

Beauty VLU se volgende vergadering word Donderdag 6 September by die Tom Burke-boeresaal gehou en lede kan uitsien na ʼn “royal icing”-demonstrasie deur Ria Strydom, VLU Bosveldstreekvoorsitter.

Skakel Adele Engelbrecht by 079 515 6357 met navrae of vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.