Beauty VLU klaar vir jaar

Die Beauties klink ‘n glasie op SAVLU se 85ste verjaardag! Voor v.l.n.r.: Corrie Kruger, Sunette Pretorius, Maritsa Jacobs, Estie Nortje en Lizette Pretorius en agter: Catherine Greyvenstein, Ursula Zietsman, Letsie Coetzee, Altie van der Linde, Petra Ortner, Desiree Kruss, Mara Lottering, Magda Byles, Marita Folkus en Annalize Thornhill

BEAUTY — Die vroue van Beauty VLU het Woensdag 2 November hul laaste vergadering vir 2016 gehou. Die laaste kompetisie-artikels vir 2016 is ingehandig en 2017 se bestuur is verkies.
‘n Glasie vonkelwyn is geklink op SAVLU se 85ste verjaarsdag, maar ook ter viering van Baby van Niekerk, ‘n lid van Beauty VLU en vriendin, se lewe en nalatenskap. Baby is ‘n tydjie gelede onverwags oorlede.
VLU Noord se Studierigting van die Jaar naamlik “kreatiwiteit” is behandel deur leesstof wat gedurende die vergadering versprei is, ‘n praatjie asook ‘n uitstalling oor die onderwerp. Die vroue moes artikels uit A4-papier maak en hulle kon talle voorbeelde wys hoe ‘n mens teen minimale kostes kreatief kan wees en jou kersseisoen kan ophelder. Daar was voorbeelde van eenvoudige, maar innoverende tafelversierings, kersboomversierings, kaartjies en vele meer.
Die Beauties gaan hulle jaar aan die einde van November op ‘n feestelike manier afsluit en hulle eerste vergadering vir volgende jaar word beplan vir 11 Januarie 2017 by Desiree Kruss se huis.
Die nuwe bestuur word deur die lede geluk gewens met hul verkiesing en sterkte toegewens met die nuwe ampstermyn.
Vir meer besonderhede oor Beauty VLU en hul werksaamhede, skakel Altie van der Linde
by 082 299 6725.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.