Beauty VLU kry pryse

Voorsitter Petra Ortner (links) oorhandig die topvrou-trofee aan Altie van der Linde (regs)
Voorsitter Petra Ortner (links) oorhandig die topvrou-trofee aan Altie van der Linde (regs)

LEPHALALE — Die lede van Beauty VLU hou hulle jaarlikse prysuitdeling op 6 April vanjaar by Sunette Pretorius se huis. Lede word tydens dié geleentheid vereer vir harde werk in hul tak maar ook in die VLU in geheel. Drie lede, Maritsa Jacobs, Corrie Kruger en Sunette Pretorius, het nie ‘n enkele vergadering in 2015 misgeloop nie en is daarvoor vereer.
Die volgende lede het in die onderskeie afdelings presteer: borduurwerk – Mara Lottering; hekel en brei – Petra Ortner en Desiree Kruss; masjienwerk – Altie van der Linde; preservering – Maritsa Jacobs; gebak en lekkers – Altie van der Linde; blomme – Sunette Pretorius; kunsvlyt – Altie van der Linde; tuisverrig – Maritsa Jacobs.
Altie van der Linde word as Beauty se topvrou aangewys.
Skakel Altie van der Linde by 082 299 6725 vir meer inligting oor die tak se bedrywighede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.