Beauty VLU-nuus

BEAUTY — VLU Bosveldstreekvoorsitter, Ria Strydom, het die Beautytak tydens hulle Junievergadering besoek en die lede bederf met ʼn “Royal Icing”-demonstrasie.

Elke lid kon haar eie koekies versier en hulle was baie kreatief. Twee gaste, Esta van Staden en Liz van Helsdingen, het die vergadering bygewoon en hulle sê hulle was beïndruk met wat die VLU alles bied en hulle gaan beslis weer saam met die lede kuier.

Die Beautytak vergader weer op 4 Julie waar die dames gaan leer om Macrame te doen.

Skakel Adele Engelbrecht by 079 515 6357 om aan te sluit of vir meer inligting oor die tak se doen en late.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.