Beauty VLU sluit jaar af

Hierdie blokkies is deur Mara Lottering gebrei voordat sy in Mei vanjaar oorlede is

BEAUTY — VLU Beauty het onlangs hulle laaste vergadering vir 2017 gehou, ʼn oorsig oor 2017 se bedrywighede is gedoen, ʼn nuwe bestuur is gekies en die lede sê hulle is gerat vir 2018.
Een van hulle aktiwiteite vir die jaar was om blokkies te brei en te hekel vir komberse wat later vir liefdadigheid geskenk sal word.
Dié blokkies is tydens die vergadering uitgedeel sodat dit aanmekaar gewerk kan word.
Om die jaar af te sluit is daar kreatiewe kersversierings en heerlike kersfeeskoekies en gebreide kussingoortreksels ingeskryf vir die takkompetisie.
Die Beauty’s gaan hul jaar afsluit aan die einde van November en vir oulaas saam kuier na ’n besige jaar wat verby is.
Vir meer besonderhede en om deel te word van Beauty VLU skakel Adele Engelbrecht by 079 515 6357.

Leave a Reply