Beauty’s leer verf

BEAUTY — Volgens die lede van Beauty VLU bestaan hulle vergaderings definitief nie net uit formaliteite nie, daar is ook tyd vir “speel”.

Anneen en Gerda Roos het al die pad van Botswana af by die Beauty-tak se lede aangesluit. Hier spog hulle met hulle “acrylic pour”-skeppings

Hulle het tydens die laaste twee maandvergaderings ook verf-slim geword deur verskillende verfdemonstrasies.

Volgens Adele Engelbrecht, takskakel, is waterverf as kunsvorm ingesluit in vanjaar se VLU Noord-kompetisies, daarom het Altie van der Linde hulle meer geleer oor die verskillende verftegnieke.

Karen Grimbeek het hulle ook meer geleer oor “acrylic pour” en verskillende maniere gewys waarop dit gedoen kan word.

Volgens Adele het almal dit baie geniet en selfs dié wat nie van nature kunstig is nie, het met meer selfvertroue daar uitgestap – vasbeslote om hulle kreatiewe kant te ontwikkel.

Skakel Adele by 079 515 6357 vir meer inligting oor die Beauty-tak se bedrywighede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.