Bederf jou dierekind

LEPHALALE — ‘n Bad, dip- en skeerdag word op Saterdag 13 Augustus by Lephalale Dierebeskermingsvereniging (DBV) gehou. Die doel van die geleentheid is om fondse vir die DBV in te samel. Enigeen is welkom om hulle troeteldiere tussen 10:00 en 16:00 na die DBV te neem waar hulle bederf sal word deur die personeel van ‘n hondesalon. Daar sal ‘n lysie van bederwe wees waaruit gekies kan word en 50% van die opbrengs sal aan die DBV oorhandig word.
Die DBV se eie inwoners sal natuurlik ook op die dag bederf word.
Dagboek die datum en gaan bederf jou vierpotige – daardeur kan jy moontlik ‘n ander dier, wat nie ‘n veilige hawe het nie, se lewe red.
Skakel die DBV by 079 398 6784 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.