Bekendes terug in Bosveld

LEPHALALE — Oud-Ellisrassers, Hannetjie Loots en haar ma, Joey Loots, het onlangs sak en pak teruggekeer na die Bosveld.

Hulle het die afgelope vyf jaar in die Potchefstroomgebied die Rooibrahmanstoet, LOBRAM, bedryf en hoop om in die toekoms weer saam met die Bosvelders te skou.

Hannetjie het vir 26 jaar ʼn privaatpraktyk as sielkundige in Lephalale en Thabazimbi gehad en sy het dié praktyk in Fochville en Parys voortgesit.

Hannetjie en Joey sê die tyd wat hulle weg was uit Lephalale, was ʼn “kosbare ondervinding”, maar hulle voel steeds baie tuis in die Bosveld tussen familie, vriende en kennisse.

Hannetjie was voorheen betrokke by vele redenaarswerkswinkels en motiveringspraatjies en sy beoog om die betrokkenheid by kinders en die gemeenskap in Lephalale voort te sit deur onder andere studie- en persoonlikheidslypskole aan te bied.

Skakel Hannetjie by 082 872 0722 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.