Bernice sê dankie

Die trekking …

LEPHALALE — Die D.E.C.A. Sentrum, onder die bekwame leiding van Bernice van der Walt, het besluit om die plaaslike DBV te help, maar ook om fondse in te samel vir haar leerders se jaareindfunksie vir 2017.
Sy het kaartjies teen slegs R10 per kaartjie verkoop en Mogol Pos het Saterdagmiddag om 15:00 die prystrekking by die Lephalale Square waargeneem.
Bernice bedank die gemeenskap vir hul oop harte en hande, vriendelikheid en ondersteuning. Die eerste prys is gewen deur Engela Mostert, die tweede prys deur A Botha en die derde prys deur Pierre le Roux.
Die D.E.C.A.-Sentrum word al vir jare bedryf vanuit die NG Kerk Ellisras-Wes. Die sentrum is ernstig oor onderwys en opvoeding en bied bekostigbare hoërskoolopleiding deur gegradueerde personeellede met 13 jaar ondervinding in die onderwys.
Bernice kan geskakel word by 083 295 6484.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.