Berugte brug

vaalwater-brig

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die berugte brug op die nuwe Vaalwaterpad kan maar net nie uit die nuus bly nie. Dit, ten spyte daarvan dat daar regtig baie waarskuwingstekens vanaf Lephalale en Vaalwater se kant is. Dit is onverklaarbaar dat motoriste klaarblyklik nie die gevaar van die situasie besef nie.
Motoriste moet tog teen dié tyd besef dat hulle aansienlik moet spoed verminder om oor die brug te ry. Die stuk pad is boonop onlangs geteer, wat die situasie half permanent laat voorkom, maar volgens ooggetuies motiveer dit motoriste nou net om glad nie spoed te verminder voordat hulle oor die brug ry nie.
Die foto is Donderdag 6 Oktober geneem nadat die soveelste voertuig die pad byster geraak het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.