Beste in Limpopo!

ʼn Baie trotse Mariette Weber saam met haar ster-leerder, Marnique Gadda

LEPHALALE — Me Mariette Weber, onderwyser in Rekenaar-toepassingstegnologie (RTT) by Hoërskool Ellisras, loop oor van trots en haar leerders is dit eens – sy is ʼn ster-onnie!

Een van Mariette se matriekleerders, Marnique Gadda (hoofdogter 2018), het nie net vyf onderskeidings behaal nie, sy is ook aangewys as die toppresteerder in Limpopo in RTT.

Volgens Mariette behaal tussen 2% en 3% van die leerders in die land ʼn onderskeiding in RTT.

Dit is boonop die sesde matriekgroep vir wie sy RTT aanbied en vier van haar topleerders is al aangewys as die beste RTT-leerder in Limpopo. Sy het boonop ʼn 100% slaagsyfer in haar vak.

Marnique het teen druktyd steeds gewag om te hoor of sy keuring het om vanjaar MBChB (medies) te begin studeer by die Universiteit van Pretoria.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.