Bester gekanselleer

LEPHALALE — In die 15 September-uitgawe van Mogol Pos het Elephant Bull Sports Bar ‘n optrede van sanger en Jacaranda FM-aanbieder, Martin Bester, geadverteer wat Vrydag 29 September sou plaasvind. Dié optrede is intussen gekanselleer nadat ‘n herrie losgebars het oor ‘n uitlating van Bester se mede-aanbieder op Jacaranda se ontbytprogram, Tumi Morake.
Gerhardt Theron, bestuurder by Elephant Bull Sports Bar, sê Elephant Bull Sports Bar staan neutraal teenoor die hele aangeleentheid, maar hulle het weens die negatiewe publisiteit en honderde mense se negatiewe kommentaar oor die sanger se geskeduleerde optrede in Lephalale, besluit om die optrede te kanselleer. Die optrede is maande gelede reeds bespreek.
Ander geskeduleerde optredes gaan voort soos geadverteer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.