
BEAUTY — Die VLU se Vaalwatertak het op 2 Maart die Bosveldstreekkon-ferensie aangebied ter viering van die streek se 21ste verjaarsdag.
Beauty VLU word tydens dié glansgeleentheid aangewys as die top-tak in die bosveldstreek en ontvang ook ‘n trofee as wen-tak omdat hulle die meeste punte verwerf vir kompetisie-artikels. Altie van der Linde word aangewys as top-skakel in die bosveldstreek.
Op 9 Maart vergader die Beauty’s by Adele Engelbrecht se huis waar terugvoer oor die streeksvergadering, inligtingsdag en 21ste bosveldstreekkonferensie gegee word.
Hierna demonstreer Petra hoe om Portugese Witwerk-borduurwerk te doen. Daar is ook goeie deelname aan die takkompetisie.
Skakel Altie van der Linde by 082 299 6725 vir meer inligting oor die tak se bedrywighede.