Beveilig jouself — VLU Skemertak

LEPHALALE — Die lede van die VLU Skemertak het verlede week, tydens hulle maandvergadering, baie insiggewende inligting oor beveiliging bekom.

Christoff Meyers van die GPF (gemeenskapspolisiëringsforum) het die dames bewus gemaak van al die gevare rondom hulle. Praktiese wenke is gegee oor hoe om jouself te beveilig, hoe om bewus te wees van jou omgewing en hoe om meer paraat te wees. Die dames is verseker dat die GPF 24 uur beskikbaar is vir die gemeenskap en dat hulle altyd sal poog om vinnig op te tree.

Die bestuur van die Skemertak sê hulle wil graag vanjaar help om fondse vir die GPF in te samel as deel van die VLU se Projek van die Jaar – ”Beveilig jouself”.

Die volgende takvergadering word Dinsdagaand 16 April vanaf 18:00 by Hippostraat 13 gehou – die breinaalde gaan blykbaar nader getrek word.

Skakel Trudie Bronkhorst, takvoorsitter, by 079 040 3044 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.