Bielie van ‘n bees

Die kruis-Brahmaankoei wat 745 kg weeg en verkoop is vir R12 000
Die kruis-Brahmaankoei wat 745 kg weeg en verkoop is vir R12 000

STEENBOKPAN – John Harding van Gamo Thaka Game Ranch is ‘n tevrede boer. Hy het, ten spyte van ‘n lang droogte, ‘n Brahmaan-kruiskoei verkoop wat ‘n allemintige 745 kg geweeg het. Die koei, waarvoor John R12 000 gekry het, is onlangs op die Steenbokpanveiling van Andre Kock en Seuns verkoop. Jan Smit was die afslaer en Neels Vermaak die bemarker.
John sê dat dit ‘n baie goeie gewig is vir ‘n koei wat nog ‘n kalf het wat suip en glo dat as dit ‘n goeie reënseisoen was, die koei beslis nóg swaarder sou geweeg het. Alhoewel John eintlik met Bonsmaras boer het hy nog Brahmaan-kruiskoeie.
Andre Kock en Seuns bied elke laaste Donderdag van elke maand ‘n veiling by die Steenbokpan-veilingskrale aan.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.