BMW deur heining

BMW

Ria Wells
LEPHALALE — ‘n Donderblou BMW het Dinsdagmiddag vir Erika Swanepoel in haar tuin verras toe dit deur haar erfheining op die hoek van Duiker- en Boekenhoutstraat bars terwyl sy in die tuin besig was.
Mogol Pos het ‘n omgekrapte Erika op die sypaadjie voor haar huis aangetref. “Daar is ‘n groot kwaai hond daarbinne en ek is net bang hy kom uit ….” Sy het haar misnoeë met die hele voorval in geen onduidelike terme te kenne gegee.
Volgens Christiaan Diedericks jr., van Waterberg Roofing en bestuurder van ‘n Mahindrabakkie, het hy in Duikerstraat afgery toe die BMW met registrasienommer DMK 939 L sonder om aan die toegeeteken gehoor te gee teen ‘n hoë spoed vanuit Boekenhoutstraat in Duikerstraat aangejaag gekom. “Ek het na links uitgeswaai en die BMW het my gelukkig net skrams teen die regtervoorkant van die bakkie getref”. Die BMW het die randsteen getref, en ongeveer ses meter deur die lug getrek en teen Erika se muur met die voorste gedeelte in haar tuin tot stilstand gekom.
Daar was twee persone in die BMW, maar kontroversie oor wie die voertuig bestuur het. JD Towing was op die toneel en die polisie het later opgedaag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.