Boerbokke behaal goeie pryse

LEPHALALE — Corné du Plessis van CDP-afslaers het verlede naweek die Bosveld Boerbokklub se veiling by Conrad Herbst se Kleinveesentrum in Pretoria aangebied en hy sê baie goeie pryse is behaal.

Die duurste ooi met lammers is verkoop deur Pico Boerbokstoet. V.l.n.r.: Gift Makhanya, Corné du Plessis en Louis en Marinda Trichardt

‘n Stoetooi met twee lammers, is deur Pico Boerbokstoet vir R9 000 verkoop aan Louis en Marinda Trichardt van Thabazimbi.

Die duurste ooi is teen R7 500 verkoop deur Joubert Fourie van Louis Trichardt aan Josef KIeynhans van Dhidejak Boerbokke in Lephalale.

Die totale omset van die veiling was R459 000.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.