Bokkies word wys

STEENBOKPAN — Steenbokpan VLU het ‘n besige Junievergadering gehad met demonstrasies en interessante praatjies.
Hulle sê dit was ‘n groot voorreg om die president van die SAVLU, Tharina Rossel, by hulle te hê.
Tharina het vir hulle meer vertel oor die Projek van die Jaar, naamlik “Bemark die VLU”. Streekvoorsitter van Bosveld, Ria Strydom, het vir hulle gewys hoe om ‘n kleutervoorskoot te maak. Sy leer die vroue hoe om suikerkant te maak wat gebruik kan word vir versiering van koeke, kolwyntjies, nageregte ensovoorts. Joan Beukes gee wenke vir die maak van lemoenlikeur. Dalene du Plessis vertel van die rol wat die vrou in Landbou vertolk. Annette Bousema bied ‘n oulike werksklas aan waar geskenkies gemaak is vir Vadersdag.
Daar is boonop heerlik gekuier saam met vier gaste wat die vergadering bygewoon het.
Steenbokpan VLU se volgende vergadering is op 11 Julie.
Skakel Joan Beukes by 014 766 0186 of Ilana Venter by 014 779 0608 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.