Bossie-boogskuts se kokers kook

Marno Pepler
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary HET Saterdag 6 Mei `n Skaaploop-boogskiet-kompetisie aangebied. ‘n Koedoe en rooibok, biltong-geskenkbewys en `n spa-behandeling was deel van die pryse wat gewen kon word.
Die deelnemers kon pyle skiet en die persoon met die meeste punte in die eindrondte het gewen. Koedoedrol-spoeg is aangepak deur `n paar brawe manne en kinders, maar Derrick en Bart Grove stap weg as drolspoegwenners.
Die Bossies het gewys waartoe hul in staat is op hul tuisgrond en het die opponente laat bontstaan.
Ilis-Mari Venter het skoonskip gemaak met haar nuwe persoonlike beste sowel as `n nuwe rekord vir Limpopo junior meisies.
Die wenner van die Skaaploopkompetisie is Wayne Mundirwa en hy het ‘n hele skaapkarkas gewen. Die koedoe en rooibok is gewen deur Ilis-Mari Venter en die geskenkbewys van Connie’s Plants is gewen deur Cobus Nelson.
Die skool bedank almal wat deelgeneem het aan hulle kompetisie en hulle belowe volgende jaar gaan hulle dit nog beter doen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.