Bossie-boogskuts skitter

Salome Boshoff, Mischka Prinsloo, Barend van der Westhuizen, Divan Gerber, Dane Marnitz, Willie Boshoff, Franco Oberholzer, Leonell van Coller, Jaco Botes, Samuel Leahy, Zandry Coetzer saam met hulle afrigters Michelle Grobler (heel links) en Nelia Grobler (heel regs)

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se boogskuts het Saterdag 3 Augustus aan die provinsiale kampioenskappe te Waterberg Academy in Vaalwater deelgeneem en baie goed gevaar.

Henri Schoeman, Phillip Loots, Tsholofelo More, Vanya Robbertze, Lesibana Mogotsi,
Carli Botha en Elize Kruger saam met hulle afrigters Michelle Grobler (heel links) en
Nelia Grobler (heel regs)

Die A-span behaal ʼn eerste en die B-span ʼn derde plek in die kolskootkategorie.

Jaco Botes behaal ʼn derde en Samuel Leahy ʼn eerste en derde plek in die junior seuns-kategorie.
 Leonell van Coller behaal ʼn derde plek in die junior dogters-kategorie en Barend van der Westhuizen behaal ʼn tweede plek in die junior seuns-kategorie.

Die volgende kompetisie word Saterdag 24 Augustus by Waterberg Academy gehou en Saterdag 31 Augustus is dit die Bossies se skaaploopkompetisie. Moet dit nie misloop nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.