Bossie-leierskamp

Die Bossie-leiers van 2016 se doelwit is goeie kommunikasie
Die Bossie-leiers van 2016 se doelwit is goeie kommunikasie

Henry Smith

LEPHALALE — Die leiers van Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek `n leierontwikkelingskamp bygewoon. Die kamp was by Sebe Sebe Lodge – diep in die bos op die Botswanagrens, langs ‘n droë Limpoporivier, maar die leerders se gesprekke en energie was alles behalwe droog! Daar is belangrike besprekingspunte in oënskou geneem, nl. hoe om te kommunikeer, ‘n voorbeeld vir ander leerders te wees en om altyd die regte ding te doen.
Laerskool Bosveld Primary is baie trots op hul leiers, wat na ‘n lang dag op die atletiekbaan, nog op ‘n bus geklim het om die kamp by te woon.
Daar was gelag en geswem en ‘n hofsaak is gehou. ‘n Goue toutjie is gespan tussen die leerders met een van die kommunikasiepraatjies om `n konneksie te illustreer. As een leier nie sy werk doen nie, dan kan die hele groep daaronder lei, daarom is spanwerk so belangrik. Hulle doelwit vir 2016 is dan ook goeie kommunikasie.
Leerders het Vrydagaand self gebraai en om daai vleisie net reg te braai volgens smaak, was ‘n ander storie!
Die Bossies bedank ds. Bernard Prinsloo van die Hervormde Kerk Onverwacht vir sy konstruktiewe werksessies met die leiers.

“‘n Groot dankie ook aan Sebe Sebe Lodge vir hulle gasvryheid en vriendelike diens”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.