Bossie-nuus

“6-a-side”-krieket

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se o. 11-krieketspan het op 8 en 9 September aan ’n “6-a-side”-kriekettoernooi deelgeneem op Hoërskool Frikkie Meyer se velde in Thabazimbi. Die toernooi is aangebied deur Laerskool Koedoeskop.
Die spelers wen al hulle wedstryde en tree na die eindstryd teen Laerskool Koedoeskop as oorwinnaars uit die stryd.
Albert von Rönge het uitgeblink en ontvang ’n trofee vir die kolwer wat die meeste lopies aangeteken het.

Landloop laat waai

LEPHALALE — Die landloopatlete van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 9 September aan die SA-landloopkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem.
Die Bossies se drie toppresteerders was Friedrich Neethling (Limpopo se o. 8-wenner), Franco Gomes (o. 9) en Nika Snyman (o. 9).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.