Bossie-skuts by Nasionaal

Michelle Grobler
LEPHALALE — 14 skuts van Laerskool Bosveld Primary het die naweek van 14 en 15 Oktober aan die Nasionale Boogskietkompetisie in Johannesburg deelgeneem. Spanne van Gauteng, Noord-Wes, Wes-Kaap, Mpumalanga, Oos-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal het deelgeneem. Die Bossies wat deelgeneem het was JP van der Westhuizen, Elné Terblanche, IlisMari Venter, Kabelo Ntwampe, Yoosuf Rossier, Kiara Verwey, Lynnette Sakala, Derik van Niekerk, Tsakane Nkuna, Mischka Witbooi, Eduan Engelbrecht, Waldo Maritz, Tristan Rautenbach en Willie Boshoff.
Dit was ‘n baie suksesvolle naweek en hulle sê dit was ‘n waardevolle ondervinding.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.