Bossie-sport

Hokkie

Dogterhokkiespanne

LEPHALALE — Die dogterhokkiespanne van Laerskool Bosveld Primary het Dinsdag 15 Augustus wedstryde teen Laerskool Nylstroom gespeel.
Gemengde welslae is behaal en die o. 13A-span het hul wedstryd gewen.

Tennis

Die A- en B-tennisspan

 

Die A- en B-tennisspan van Laerskool Bosveld Primary het verlede week in Modimolle aan ligawedstryde deelgeneem.
Die Bossies het teen Laerskole Julian Miller, Marble Hall en Vaalwater gespeel.
Dit was `n dag van aanskoulike tennis en beide seunspanne tree as wenners uit die stryd nadat hulle wen teen Laerskool Marble Hall en Laerskool Vaalwater.
Die volgende ligawedstryde word teen Laerskool Krugerpark gespeel.

Krieket

Bossiekrieket

Die Bossies se o. 11- en eerste krieketspan het Donderdag 17 Augustus teen Laerskool Warmbad meegeding en beide spanne het as wenners weggestap.
 Die o. 11-span wen met sewe paaltjies.
Uitblinkers was Alec Bester met `n boulsyfer van 5/13 in vyf beurte en Albert von Rönge het 37 lopies aangeteken tydens sy kolfbeurt.
Die eerste span het met vier lopies skoonskip gemaak. Ruan Mostert teken 33 lopies aan en neem ook twee paaltjies. Sheldon Morgan neem drie paaltjies vir slegs ses lopies en Kgotso Mohlamela, Ethan Victor en Arno Viljoen palm elkeen ook twee paaltjies in.

 

Boogskiet

Bossie-boogskiet

Laerskool Bosveld Primary se boogskuts het Saterdag 19 Augustus aan ‘n boogskietkompetisie te Waterberg Academy in Vaalwater deelgeneem en baie goed gedoen. Ilis-Mari Venter en Claudine Johnson het verseker dat die Bossies eerste- en tweede plekke behaal.

 

Sokker

Die vier sokkerspanne van Laerskool Bosveld Primary het Dinsdag 15 Augustus wedstryde gespeel teen die spanne van Marken Laerskool.
Marken se o. 10-span wen 2 – 0. Die Bossies se o. 11-span wen 2 – 0 en die tweede span verloor.

 

Landloop

Bossielandloop

Sestien landlopers van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 5 Augustus aan die Limpopo landloopkampioenskappe deelgeneem en 11 van hulle is gekies as deel van die Limpopo-span.
Dié span neem op 9 September aan die SA-kampioenskappe in Potchefstroom deel.
Friedrich Neethling het `n skitterende tyd gehardloop en hy behaal `n eerste plek in die seuns o. 8-kategorie. Die skool wens die atlete sterkte toe met voorbereiding vir die byeenkoms.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.