Bossiekonsert skitterend

bossiekonsert-1

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die leerders van Laerskool Bosveld Primary het verlede week ‘n skitterende konsert aangebied om die skool se 30-jarige bestaan te herdenk.
Die twee aankondigers was kostelik met hulle voorstelling van onder andere Emo Adams van “Jou Show”-faam op kykNET en selfs Suzelle van DIY en Pieter Koen van Jukebox het ‘n draai gemaak.
Gunstelingliedjies soos “Eye of the Tiger”, Shozoloza, Sexy Hoender, Drie Pikkewyne, Weet jy wat is liefde en Naweeklyfie is met oorgawe gesing en die kinders het beïndruk met goed geoefende danspassies.
‘n Hoogtepunt was die twee karakters wat Jay en Lianie May uitgebeeld het. Die gehoor het geskater!
Ten midde van die groot joligheid is die gehoor daaraan herinner dat Laerskool Bosveld Primary ‘n skool is wat glo in ‘n gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur.
Een ding was duidelik – verlede week het kultuur uitgestaan!
(Sien nog foto’s op Mogol Pos se Facebook-blad)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.