Bossieliefde vol verrassings

LEPHALALE — Die leerders van Laerskool Bosveld Primary het Donderdag 14 Februarie liefde vir mekaar en hulle medemens gevier.

Liefde was in die lug by die Bossies – Michelle Grobler en Johan Olivier pas nadat hulle verloof geraak het

Een van die Bossie-waardes is “omgee” en daarom vier die Bossies hierdie dag – ʼn dag van liefde en omgee vir mekaar.

Die leerlingraad en hul ouers het gesorg vir pragtige geskenkies en eetgoed en elke Bossie-leerder het ʼn heerlike liefdesdag gehad.

Nog ʼn groot verrassing wat een van die personeellede, Michelle Grobler, van haar voete af geslaan het, was haar geliefde Johan Olivier wat haar op dié dag in die hoof se kantoor gevra het om verloof te raak.

Die Bossies wens die twee liefdesduifies alle sterkte toe met hulle lewenspad.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.