Bossies dag en nag

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se jaarlikse dag/nag-gholf wat vanjaar Saterdag 16 September aangebied is, was ‘n groot sukses.
Baie spelers en uitstallers het die skool ondersteun. Die kos wat deur Bossie-onnies voorberei is, was ’n wenner.
Die uitslae is as volg:
Jan-Hendrik de Meyer en Adriaan de Lange word as wenners aangewys. In die tweede plek is W Labuscagne en J Fouche, in die derde plek W Oosthuizen en M Nel en in die vierde plek R Nel en M Nel.
Die Bossies het die aand voor die gholf, Vrydagaand 15 September, ook hulle eerste “Neon Run” aangebied en die opkoms was vir die organiseerders ‘n groot verrassing.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.