Bossies gaan Bos toe…

Charlie Brandt
JUBAWENI — Die gr. 6-leerders van Laerskool Bosveld Primary het hul jaarlikse Oos-kamp gedurende die week van 23 – 26 Augustus bygewoon.
Daar is aan aktiwiteite soos die literia-baan, hindernisbaan, nagmars, lantern bekruip en nog vele meer deelgeneem. Die besoek aan Kosie se grot het die leerders behoorlik laat hoendervleis uitslaan, maar daar was ook lekker gelag en kampkonsert gehou.
Die doel van die kamp was om spanwerk en spanbou onder die leerders te bevorder. Almal wat die kamp bygewoon het stem saam dat dit ‘n wonderlike en onvergeetlike avontuur was.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.