
LEPHALALE — Roland Blumegger, professionele tennisafrigter van Mokopane (Potgietersrus) het op 7 en 8 Junie ʼn tenniskliniek by Laerskool Bosveld Primary aangebied.
Volgens die afrigters het die idee van ʼn tenniskliniek ontstaan sodat ontluikende tennisspelers raakgesien kan word en die regte tegnieke aanleer.
Die junior sowel as die senior spelers sê hulle het uitstekende tegnieke aangeleer vir die liga wat reeds op 24 Julie afskop.