Bossies lief diere

LEPHALALE — Daar was die afgelope maand ʼn kompetisie vir die leerders van Laerskool Bosveld Primary. Die klasse moes honde- en katkos insamel vir die DBV en die klas wat die meeste kos ingesamel het, kon smul aan heerlike hamburgers.

Die leerders was vuur en vlam om die diere van Lephalale te bederf met heerlike kos en die vooruitsig om beloon te word met ʼn sappige hamburger.

Die Bossie-Kidz was in ekstase toe adjudant-offisier Seabati van Lephalale SAPS en sy kollega hulle honde Maandag 21 Mei skool toe geneem en ʼn vertoning gelewer het.

Die DBV se bestuur sê hulle is baie dankbaar vir al die kos (altesaam twee bakkievragte hondekos) wat die leerders ingesamel het. Baie geluk ook aan klas 5HA (die klas van Hanru Human) wat die meeste kos ingesamel het.

Skoolhoof Louwtjie Pretorius bedank elke Bossie en hulle ouers wat daartoe bydra dat die diere by die DBV nie honger sal gaan slaap nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.