Bossies onthaal hoof

Colette du Plessis
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se graad R-klasse het onlangs klasbesoeke gehad en skoolhoof Louwtjie Pretorius het ewe lekker saam met die kindes gebak en –brou.
Die week se tema was “smaak en reuk” en almal het gesmul aan die kolwyntjies wat hul self versier het. Die leerders kon dit selfs regkry om mnr Pretorius te oorreed om ‘n Bloubulvoorskoot te dra (hy is ‘n groot Leeu-ondersteuner).
Die klein Bossies sê hulle hou daarvan om so speel-speel te leer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.