Bossies skitter by uitspele

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se o. 12-netbalspan het tydens vanjaar se Limpopo-uitspele op Vrydag 31 Mei in ʼn algehele tweede plek geëindig.

Hulle het wedstryde gespeel teen spanne van Tzaneen, Oos- en Noordskool en Phalaborwa.

Die span neem op 26 en 27 Julie vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel by Laerskool EG Jansen te Boksburg.

Die personeel en leerders van Laerskool Bosveld Primary hou vir hulle styf duim vas.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.