Bossieskuts skiet ráák

LEPHALALE — Die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 29 Februarie aan ’n Interskole-boogskietkompetisie by Waterberg Academy in Vaalwater deelgeneem en met ’n hele paar medaljes weggestap.

In die 3D-kompetisie verower die A-span ’n eerste en die B-span ’n tweede plek. Salome Boshoff en Dané Martiz skiet onderskeidelik ’n tweede en derde plek los in die Top-3-laerskooldogters-kategorie en in die Top-3-laerskoolseuns-kategorie behaal Jaco Botes ’ֹn tweede en Caden Shephard ’n derde plek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.