Bossietoer om te onthou

LEPHALALE — Die netbalspelers en afrigters van Laerskool Bosveld Primary het die voorreg gehad om vanaf 15 Maart te toer na Zwartkloof Game Lodge.

Netbaldogters en –afrigters van Laerskool Bosveld Primary het ʼn onvergeetlike toer agter die rug

Met die tema “Dit begin by my” het die toergangers nie net netbaltegnieke geleer nie, maar ook na motiveringspraatjies geluister.

Die spelers en afrigters sê dit was iets wat hulle altyd sal onthou en dr Elsje Jordaan, by wie hulle baie geleer het, is sinoniem met sukses!
 “Ons sien uit na die Super 8-naweek en liga wat amper afskop,” sê afrigter Dune Gouws.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.