Bosveld Boerbokklub — veilingresultate

V.l.n.r.: Johanna te Dam, Gift Makhanya, afslaer Corne du Plessis en Tonnie en Marinjna te Dam saam met Die duurste boerbokooi

Bosveld Boerbokklub het hul skou en veiling Saterdag 2 September by Conrad Herbst Kleinveesentrum gehou. Die veiling is aangebied deur Wholesome Auctions met afslaer Corne du Plessis.
Die duurste boerbokram, Duwwel, is vir R25 000 verkoop deur Hennie le Roux van Witsand Boerbokke aan Xander Deyzel van Kleinbegin Boerbokstoet van Polokwane.
Die duurste boerbokooi is vir R8 000 verkoop deur Karsten Boerdery van Upington aan Renier te Dam van Pretoria.
Die tweede duurste Kalahari Red-ram is vir R27 500 verkoop aan Antoinette en Douw Dry van Kilifi Creek Kalahari Reds, Montana Park. Die verkoper was Albie Horn van Kuruman. Horn het ook die duurste Kalahari Red-ram vir R32 000 aan PJ Nienaber van Rustenburg verkoop.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.