Bosveld Posduifklub

LEPHALALE — Die duiwe van Bosveld Posduifklub is Donderdag 6 Augustus gelaai vir die volgende twee wedvlugte vanaf Christiana wat ‘n afstand van 532 km is. Die eerste duif was Saterdag teen 13:44 in die dorp. Die eerste jong duif van De Lange Hokke is geklok teen ‘n gemiddelde spoed van 1 364 meter per minuut en die eerste ope duif van Bokkas is geklok teen ‘n gemiddelde spoed van 1 359 meter per minuut.
Die windpatroon was die naweek ‘n raaisel vir die boere. Gelukkig het die duiwe hulle kant gebring en kon die klokke Saterdag uitgeslaan word. Weer eens het die junior in die klub gewys wat in haar duiwe steek – baie geluk Bokkas.
Hierdie jonge dame, slegs ses jaar oud, kan maar gerus dopgehou word. Daar lê vir haar ‘n blink toekoms voor in die duiwesport. Van laat slaap is daar op Saterdae geen sprake as dit kom by duiwe nie. Sy gaan saam! Wat duiwe aanbetref is hierdie meisie se hart op die regte plek.

Uitslae wedvlug 19
De Lange Hokke – 1, 4, 12
Human Hokke – 2, 5, 8
Leon en Cora Nagel – 3, 6, 10
Bokkas – 7, 22, 27
Jaco Stander – 9, 13, 20

Uitslae wedvlug 20:
Bokkas – 1, 16, 19
1) Human Hokke – 2, 3, 6
2) De Lange Hokke – 4, 8, 23
Jaco Stander – 5, 11 12
3) Leon en Cora Nagel – 10, 13, 14

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.