Bosveld se eie blomkykprag

LEPHALALE — Dit is nie net Namakwaland wat spog met plate veldblomme nie. Bosvelders kan ook nou oral verskeie spesies veldblomme langs die paaie sien.

Die foto van tribulus terrestrisblomme is een van die veldbllomspesies wat welig groei langs byvoorbeeld Nelson Mandelarylaan tussen Lephalaledorp en Onverwacht.

Dié plante, wat in Engels as Devil’s Thorn bekend is, is in hierdie deel van die Bosveld bekend as die tarentaalduwweltjie en is ʼn baie geharde plant wat maklik vervuil.

Dit bly egter mooi om na te kyk.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.