Bosveldfees — let op dié datums

bosveldfees-beestekomitee
Die komitee v.l.n.r. is Mieta Erasmus, Juanita Swanevelder (sekretaresse), Jorrie Ellis, Martin Ellis (Vleissentraal), Paul van Zyl, Kobus Erasmus (voorsitter) en Pierre Marais

Ria Wells
LEPHALALE – Vanjaar se besoekers aan die Bosveldfees kan verseker wees van ‘n opwindende beesteskou en wildveiling. Die komitee onder leiding van voorsitter Kobus Erasmus het Woensdagoggend by Nguni Grill vergader om die program te finaliseer en hul is baie entoesiasties oor alles wat rondom bogenoemde gaan gebeur.
Die beeste arriveer reeds Woensdag 6 Julie. Die brahmaan-groepklasse skou Donderdag vanaf 14:00 en die volgende oggend kom die Simmentalers aan die beurt. Vrydag vind die individuele klasse plaas en 15:00 begin die interras-beoordeling om die kampioene in die verskillende afdelings te bepaal. Dit is ook wanneer die fotosessie plaasvind. Die opwindende touleierkompetisie vind direk daarna plaas en die komitee nooi feesgangers om gerus daar ‘n draai te maak. Kobus nooi alle telers uit om die beesteskou by te woon.
Die datum vir die wildveiling is Donderdag 7 Julie om 11:00 in die biertuin en die wild kan vooraf by die Renken Wildkrale net suid van Palm Park Hotel besigtig word. Skakel Martin Ellis van Vleissentraal by 078 457 6895 vir meer inligting.
Skakel Kobus gekontak by 083 246 3232 of Juanita Swanevelder by 073 174 8378 of 014 763 1758 vir enige verdere navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.