Bosveldkonferensie

LEPHALALE — Die 23ste Bosveldkonferensie van die VLU is Woensdag 28 Februarie naby Thabazimbi gehou.

Ellisras VLU wen weer eens die blombeker en stap weg met eerste plekke in drie van die blomkategorieë en ʼn tweede plek in die vierde kategorie. Hulle behaal ook die hoogste punte in die blommerangskikkingskategorie.

Ria Strydom, ʼn lid van Ellisras VLU asook VLU Streeksvoorsitter, behaal ʼn eerste plek in die beginnersafdeling met 90%.

Die voorsitter van die tak, Charlene van Eeden, en die bestuur loof almal wat pryse gewen het en bedank elkeen wat deelgeneem het.

Leave a Reply