Bosveldstreek hef vrou op

MODIMOLLE — 112 lede vanuit al tien takke van die Bosveldstreek VLU het Woensdag 19 September vir Ina Lessing gaan kuier op hulle plaas Lusthof in Modimolle. Ina is die VLU se Persoonlikheid van die Jaar. Ria Strydom, voorsitter van die VLU Bosveldstreek, het dié uitstappie gereël.

Nerise, Ina Lessing, Ria Strydom, Marlene van Staden en Marcia Froneman

Volgens Ria het die hele dag gegaan oor die opheffing van die vrou.

“Wat ’n formidable dame. Die tema van die dag was ‘Little house on the hill’ en sy het dit in alle vorme ten toon gestel – daar was tot frikkadelle in die vorm van huisies. Ina Lessing en haar familie en werkers is vir seker ’n ongelooflike positiewe span,” sê Ria.

Burgemeester Marlene van Staden van Modimolle het saam gekuier en die dames toegespreek oor die opheffing van die vrou.

Die NTK in Modimolle is ook verteenwoordig deur Marcia Froneman wat geskenkies geborg het.

“Almal het teruggekeer met baie voedsel vir die siel. So ʼn heerlike uitstappie behoort ʼn jaarlikse instelling te wees,” sê Ria.

(Ina Lessing is sedert 1990 doenig met die inmaak van vrugte, groente en die kook van ‘n wye verskeidenheid van konfyte. In 2013/14 was Ina aangewys as Sanlam/ Lanbouweekblad se vroue-entrepreneur. Lessing Konfyte het begin as ‘n stokperdjie, onder die afdak met 2 potte! Dit is nou 20 jaar later en het tot ʼn reuse sake-onderneming uitgekring!)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.