Bosveldstreek VLU lig in

Voor v.l.n.r.: Essa van Blerk (kuns en handvlyt), Debbie du Plessis (hekelwerk), Joan Erasmus (borduur en naaldwerk), Ina Joubert (breiwerk) en agter: Elma Kleynhans (gebak en preservering); Ria Strydom (Bosveldstreekvoorsitter) en Desiree Kruss (Bosveldstreek beoordelaarsameroeper)

LEPHALALE — Die dames van die VLU Bosveldstreek het Donderdag 16 Februarie hul jaarlikse inligtingsdag gehou in die NG Kerk Albertyn se kerksaal. Die doel van die inligtingsdag was om lede méér te leer oor artikels wat in ‘n betrokke jaar gemaak word.
Vanjaar word verskeie artikels gemaak vir deelname, nie net op streekvlak nie maar ook provinsiaal (VLU Noord) en nasionaal (SAVLU).
Desiree Kruss, beoordelaarsameroeper van Bosveldstreek, het vir hierdie geleentheid vyf van die beste beoordelaars van VLU Noord en kundiges op hul gebied genooi om die dames toe te spreek. Al die moets en moenies van die artikels is bespreek, gawe wenke is uitgedeel en die dames is behoorlik geïnspireer deur die pragtigste voorbeelde wat die kenners vir hulle gewys het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.