Botsing raak Willie

ongeluk-img_4941

Ria Wells
LEPHALALE — Willie van Schalkwyk, ‘n Exxaro-werknemer, was Woensdagoggend op pad werk toe met sy motorfiets toe hy in ‘n botsing met ‘n bakkie betrokke was. Die botsing het in Ngoako Ramathlodirylaan plaasgevind.
Mogol Pos kon daarin slaag om met Willie, wat langs die pad gelê het, asook die bestuurder van die bakkie, hoof van die brandweer van Lephalale, te praat. Albei was op pad in die rigting van die TVET-kollege se kant toe die botsing regoor die ingang na die SASSA-kantoor plaasgevind het.
Willie sê dat hy wel toe hy van die motorfiets afgeslinger is, gevoel het hoe sy rug “twist”. Die bestuurder van bakkie het vir Mogol Pos gesê dat hy baie sleg voel oor die ongeluk aangesien hy vir Willie goed ken.
Die polisie was op die toneel en was besig om verklarings af te neem en dit was op daardie stadium nog onduidelik oor wat presies gebeur het.
Ambulanspersoneel het Willie na Mediclinic Lephalale vervoer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.